
Ons help jou om deposito’s en onttrekkings te maak met verskillende betalingsopsies
Dis moeilik om vir iemand te beskryf hoe dit voel om jou eerste boerpot by ‘n regte geld Suid Afrikaanse aanlyn kasino te wen. Maar daar is sekere dinge wat jy moet weet voordat jy daardie opwinding kan ervaar. Soos watse metodes jy kan gebruik om jou wengeld te onttrek, en wat daardie proses behels.
Dit is hoekom hierdie deposito- en onttrekkingsgids vir jou deur die volgende gaan vat:
- ‘n Stap-vir-stap riglyn van hoe om depositos en onttrekkings te maak by aanlyn Suid Afrikaanse kasinos.
- Watter deposito opsies ook onttrekkings toelaat.
- Wat om te verwag wanneer jy ‘n ontrekking wil maak.
- Die dokumente wat jy moontlik gaan nodig hê om die betaling los te maak.
- En watter fooie jy dalk gaan moet betaal om jou wengeld te kry.
Depositos en onttrekkings by Suid Afrikaanse aanlyn kasinos
Voor jy ‘n deposito kan maak en vir regte geld speel moet jy eers ‘n aanlyn kasinorekening oopmaak. Dit is gratis om ‘n rekening te registreer, en jy sal daardie rekening gebruik om jou depositos in te maak om mee te speel. Dit is ook die rekening waarin al jou wengeld betaal sal word.
So sodra jy jou rekening oopgemaak het, is dit tyd om ‘n deposito te maak. Alhoewel dit effens kan verskil afhangende van die kasino en die deposito opsie, is die stappe min of meer soos volg:
- Gaan na die kassier of bankdienste afdeling van die kasino.
- Kyk watter opsies die aanlyn kasino aanvaar.
- Besluit watse deposito opsie jy wil gebruik.
- Kyk of daar dalk ‘n minimum deposito vereiste is.
- Plaas jou geld oor.
- Kyk uit vir jou Deposito Bevestigingsboodskap.
Alhoewel sekere deposito opsies ‘n bietjie meer tyd nodig het om depositos na te gaan en te magtig, aanvaar meeste van die betalingsmetodes by aanlyn kasinos in Suid Afrika onmiddellik depositos, so daar is geen wagtyd voor jou geld in jou rekening is en jy kan begin speel nie.
Hoe om jou wengeld te onttrek
Kom ons flits vorentoe na die toekoms. Jy het ‘n lekker klomp geld gewen, en besluit om jou wengeld te trek. Jy sal dit tien teen een op die volgende manier doen:
- Gaan na die Bankdienste of Kassier-afdeling op die aanlyn kasinowebwerf.
- Kies die metode wat jy wil gebruik, en kyk of daar enige onttrekkingsperke is.
- Besluit hoeveel geld jy wil trek.
- Stuur enige dokumente wat die kasino aanvra om die onttrekking te magtig.
Onthou dat regte geld onttrekkings nie so vinnig is soos depositos nie, aangesien die aanlyn kasino tyd nodig het om die transaksie goed te keur, en die bank ook tyd nodig het om die betaling te prosesseer. Elke betalingsmetode het ‘n verskillende prosesseringstyd, so maak ‘n nota daarvan voor jy besluit watter opsie om te gebruik.
Die dokumente wat jy dalk mag nodig hê om jou wengeld los te maak
Wanneer jy ‘n versoek insit om ‘n onttrekking te maak, moet jy ‘n afdruk van jou ID-dokument gereed hê om jou identiteit te bevestig. Jy mag dalk ook gevra word om ‘n bewys van adres te verskaf, en om sekere magtigingsdokumente in te vul sodat jou geld losgemaak kan word. Daar is gewoonlik ‘n wagtydperk wanneer die kasino die dokumente wat jy verskaf het prosesseer en bekragtig. Sodra dit gedoen is, word die betaling goedgekeur en word die geld binne die gespesifiseerde tydperk betaal.
Hieronder is ‘n kort opsomming van sommige van die betalingsopsies wat by aanlyn kasinos in Suid Afrika beskikbaar is, tesame met hoe lank die deposito kan vat om te wys, of jy onttrekkings kan maak daarmee en ook of daar enige fooie betrokke is.
Kredietkaarte
Visa en MasterCard depositos word dadelik in jou rekening inbetaal. Die minimum deposito is slegs R25 en daar is geen fooie betaalbaar nie. Om ‘n deposito te maak is so maklik as om jou kredietkaartnommer in te sleutel, die sekuriteitskode agterop jou kaart te bevestig en te kies hoeveel geld jy wil deponeer.
Wanneer jy jou ware kontant wengeld wil onttrek, mag jy dalk gevra word vir ‘n afdruk van jou kredietkaart of ‘n onlangse kredietkaartfaktuur. Die bedrag wat jy wil onttrek sal dan eenvoudig in jou kredietkaart inbetaal word, en as ‘n krediet op jou faktuur verskyn.
EasyEFT
Vir dié wat verkies om nie hulle kredietkaarte te gebruik om mee te speel nie, is EasyEFT ‘n maklike en praktiese oplossing wat jou toelaat om geld direk uit jou bankrekening oor te plaas. Weereens is die minimum bedrag R25, en die geld sal onmiddellik in jou dobbelrekening wys. Daar is geen fooie nie, tensy jou bank standaard EFT-fooie vra, en geen registrasie is nodig nie.
Jy kan aanvra dat jou wengeld direk in jou bankrekening inbetaal word, maar hou in gedagte dat jy sekere magtigingsvorms en bewys van identiteit sal moet verskaf om die transaksie goedgekeur te kry en die geld beskikbaar te stel, wat tyd kan vat.
E-wallets
E-wallets soos Neteller, Skrill en EcoPayz is veilige en betroubare opsies vir spelers wat verkies om ‘n derdeparty betalingsmetode te gebruik vir hul ware kontant spel. Registrasie vir ‘n e-wallet is gratis, en jy kan geld in jou rekening sit met jou kredietkaart of jou bankrekening. Die minimum depositobedrag is R25 en die minimum ontrekkingsbedrag is R500, en jy kan verwag om tussen 48 en 72 ure te wag vir jou onttrekking om vrygestel te word.
Hierdie deposito- en onttrekkingsgids raak slegs aan ‘n paar metodes wat die mees algemeen gebruik word. Nou is dit jou beurt om te besluit watter aanlyn kasino in Suid Afrika vir jou die beste pas. As jy ‘n paar voorstelle wil hê, kan jy ‘n lys van die top Suid Afrikaanse kasinos aanlyn hier vind.