Wetgewing

‘n Gids vir Aanlyn Dobbel Wetgewing in Suid Afrika

Is dit veilig om aanlyn te dobbel in Suid-Afrika? Wat staan in die wet? Gaan dit binnekort verander? Hoekom is daar aanlyn kasinos wat boerpotte in Rande aanbied as dit nie wettig is nie? Ek wil regtig graag hierdie boerpotte wen, so wat moet ek doen?

As jy al ooit gewonder het wat die antwoord op een van hierdie vrae is, of enige ander vrae wat handel oor speel by aanlyn kasinos in Suid-Afrika, beveel ons aan dat jy hierdie Gids vir Dobbelwetgewing in Suid-Afrika lees. Hopenlik antwoord ons al jou vrae onder al hierdie onderwerpe:

  • Watse wette is tans van toepassing tot aanlyn dobbel in RSA?
  • Hoe het dit verander oor die jare?
  • Kan spelers binnekort ‘n verandering in wetgewing verwag?
  • Waar kan Suid-Afrikaners met volle gemoedsrus speel?

En as al daardie punte voel soos heeltemal te veel leesstof, het ons vir jou krip notas gemaak: Ja, dit is veilig vir jou om in Suid-Afrika aanlyn te dobbel. Volgens die wet word aanlyn dobbel nie toegelaat nie, maar as ‘n speler het jy nie veel om oor bekommerd te wees nie. En as jy eenvoudig hier is om ‘n lys te kry van die top aanlyn kasinos in Suid-Afrika waar jy boerpotte in Rande kan wen, kan jy dit hier kry.

So watse wetgewing is tans van toepassing op aanlyn dobbel in RSA?

Volgens die huidige wetgewing op aanlyn dobbel in Suid-Afrika, is dit onwettig vir enige aanlyn kasino om dobbelgeleenthede binne RSA se grense aan te bied. Alhoewel dit dalk mag klink asof daar geen salf aan te smeer is nie, het internet dobbelhuise wel maniere gevind om rondom dit te kom, soos om hulle operasionele hoofkwartiere op te stel in lande waar aanlyn dobbel wettig is.

En ten spyte daarvan dat die Dobbelwet ook sê dat dit onwettig is vir spelers om ‘n aanlyn rekening oop te maak, plaas die wet meestal die verantwoordelikheid op die operateurs om seker te maak dat hulle nie SA spelers aanvaar nie, liewer as om die spelers self verantwoordelik te hou. En aangesien ons tot hede nog nooit gehoor het van enige individuele spelers wat deur wetstoepassers geteiken is of enige regsaksie teen hulle ingestel het nie, is ons vol vertroue dat solank jy by ‘n kasino speel wat ten volle gelisensieër en gereguleer is, en binne ‘n betroubare jurisdiksie is, jy piekfyn sal wees.

Hoe het die wetgewing verander oor die jare?

Suid-Afrika se eerste Dobbelwetgewing is in 1965 in werking gestel. Sedertdien was daar ‘n hele paar veranderinge wat meestal betrekking tot landelikse kasinos gehad het. Met die ontdekking van die internet moes aanlyn dobbelary ook ingesluit word. Dit was gedoen in die Nasionale Dobbelwetgewing van 2004, waarin aanlyn dobbelary in SA verban is. In September 2011 het die wetgewing nog ‘n stappie verder gegaan deur dit duidelik te maak dat operateurs geen aanlyn dobbeldienste aan Suid-Afrikaanse burgers mag bied nie. Alhoewel daar sedertdien wysigings in Parliament voorgestel is, was daardie die laaste wysiging tot hede.

So kan spelers binnekort ‘n verandering in wetgewing verwag?

Volgens kenners in die industrie sal die regering uiteindelik die ooglopende ekonomiese, sosiale en praktiese voordele insien wat die regulering van die aanlyn dobbelindustrie sal bring. Daar is egter geen manier om te weet wanneer dit sal gebeur nie.

Intussen moet Suid-Afrikaanse spelers eenvoudig seker maak dat hulle speel by kasinos wat in betroubare jurisdiksies gebasseer is en ten volle gelisensieërd is. Dit is ook baie belangrik om te kyk of die Suid-Afrikaanse aanlyn kasino waar jy speel die nuutste en mees omvattende sekuriteitsstelsels gebruik om jou sensitiewe inligting te beskerm. Nog iets om voor uit te kyk is of die aanlyn kasino derde party ouditprosesse ondergaan. Dit sal verseker dat hulle binne die minimum industrie standaarde bly, wat jou regte verder sal beskerm en verseker dat al hulle speletjies regverdig is.

Waar kan Suid-Afrikaners met volle gemoedsrus speel?

Om seker te maak dat jy slegs by die beste dobbelwebblaaie speel, het ons ‘n lys van uitgesoekte Suid-Afrikaanse aanlyn kasinos vir jou om van te kies. Elke een van hierdie internet kasinos bied fantastiese welkom bonusse aan, sowel as deurlopende winsgewende aanbiedinge en promosies om jou te help om die boerpot van jou drome te wen. Vir ‘n kykie na ons lys van veilige aanlyn kasinos in Suid-Afrika, klik hier.

Top