Geskiedenis

Geskiedenis van Dobbelary – Ons kyk na die Suid Afrikaanse dobbelgeskiedenis

In 1673 is dobbelary in die Kaap tot ‘n einde gebring deur die Duitse settelaars. Dit het egter weer in 1867 in Suid-Afrika opgevlam in Kimberley met die ontdekking van diamante, en in 1886 op die Witwatersrand met die ontdekking van goud. Die ontdekking van goud was ‘n keerpunt in die ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika. Die Transvaal het die grootste vervaardiger van goud in die wêreld geword, en teen die 1920s was hulle verantwoordelik vir 50% van die wêreld se goud voorraad.

Alhoewel die Dobbelwetgewing van 1965 slegs perderesies toegelaat het, was daar vanaf die 1970s kasinos wat uit die Bantustan-tuislande soos Bophuthatswana en Swaziland bedryf is. Een van die mees bekendes is Sun City, wat deur die eienaar van die Sun International dobbelgroep, Sol Kerzner ontwikkel is. Die hotel is op 7 Desember 1979 geopen met ‘n professionele gholfbaan, die grootste slotspeletjiesaal in Suider-Afrika en al die familie aktiwiteite wat ‘n mens voor kon wens.

Teen 1995 was daar meer as 1,500 onwettige dobbelhuise wat deur verskeie straatgroepe bedryf was. Alhoewel dit onwettig was om vir ware geld te dobbel, was daar ‘n skuiwergat in die wetgewing wat die aanbieding van ‘tydelike’ dobbeldienste toegelaat het. Die gevolg was dat ‘n groot hoeveelheid van die vervoerbare ware geld dobbelhuise elke aand na ‘n ander lokasie geskuif het.

Na die nuwe regering in 1994 in bevel gekom het, was sekere tipes dobbelary in 1996 weer wettig verklaar, insluitend die land se eerste nasionale lotery. Die Nasionale Dobbelraad is ook gestig om dobbelregulasies in die land na te sien en uit te voer. Aangesien dobbelary verslawend kan wees vir ‘n klein persentasie van die populasie, volgens studies gemiddeld minder as 2%, het hulle ook beradingsdienste vir dobbelaars van stapel gestuur. Die minimum ouderdom wat toegelaat word om te dobbel is 18, om minderjariges te beskerm. Suid-Afrika spog nou met 40 gelisensieerde kasinos, sowel as perderesies weddenskappe en ‘n nasionale lotery.

Die eerste ware kontant aanlyn kasino is in 1994 in die Karribiese Eilande van stapel gestuur. Gamingclub.co.za was in 1996 die eerste aanlyn kasino wat Suid-Afrikaanse dobbelaars geteiken het. Vandag het ‘n groot persentasie van Suid-Afrikaners toegang tot die internet, slimfone en tablette, wat almal maklike toegang tot aanlyn dobbelary bied. Maklike bankdienste is ook beskikbaar, insluitende kredietekaarte, elektroniese beursies en selfoon betalingsopsies.

Deesdae is daar honderde ware kontant aanlyn kasinos wat Suid-Afrikaanse spelers het. Meeste van hulle het meer as 600 verskillende speletjies en die progressiewe speletjies spog met boerpotte so groot soos wat jy in Las Vegas sal kry. Die aanlyn pokerkamers is volgepak met beginners en professionele spelers, almal aan die speel met hulle vriende. Die bonusse wat deur die dobbelwebblaaie aangebied word lok nie net nuwe spelers nie, maar hou ook bestaande spelers gelukkig. Sommige webblaaie bied selfs gratis vakansies op skepe en tropiese eilande vir hulle gereelde spelers.

Aanlyn sportweddenskappe is ook wettig in Suid-Afrika, met elkeen van die nege provinsies wat hulle eie raad het wat regulasies oorsien. Anders as weddenskappe op perdewedrenne waar enige wengeld 6% belas word, is daar geen belasting op sportweddenskappe nie.

Die mees gewilde sport vir weddenskappe is sokker, krieket en rugby waar die spanne op internasionale vlakke kompeteer. Bonusse word ook aangebied, veral vir nuwe spelers.

Top