Landelike Kasinos

Landelike Kasino – Grootste verskille tussen landelike en aanlyn kasinos

Suid Afrika het van die beste landelike kasinos in die wêreld, en aangesien dit wettig is om by hierdie kasinos te speel, is daar baie van hulle. Elkeen van die nege provinsies het ten minste een kasino, sowel as ‘n resiesraad. Suid Afrikaanse Kasinos word deur die Nasionale Dobbelraad van Suid Afrika bestuur; die dobbelgeldeenheid is die Suid Afrikaanse Rand (ZAR) en die minimum dobbel ouderdom is 18.

Die top vyf landelike kasinos, wat almal deur Sun International besit word, kan gevind word in die Noordwes Provinsie, Gauteng, Oos-Kaap en Wes-Kaap. Sommige van hierdie kasinos is geleë in geboue met baie interessante argitektuur, wat gelykstaande is aan die uitsonderlike geboue wat regoor die wêreld gekry word. Die personeel is almal uiters vriendelik en helpvol, en altyd gewillig om die kasino se kliënte te help.

Dobbelkasinos bied die uiterste in opwinding en afwagting wanneer die dobbelstene gegooi word of die slotmasjiene afgaan. Dis daardie gevoel in jou binneste net voor die balletjie val of die slotmasjien mal gaan… en jy dan wen!

Sun City Hotel en Kasino

Sun City Kasino is die mees gewilde kasino oord in Suid Afrika met sy uitgestrekte dobbelspasies, vier top-kwaliteit hotelle, ‘n skoonheidsoord en vermaaklikheid soos die Valley of Waves. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid restaurante met eksotiese kossoorte en ‘n oorvloed winkels vir uitgebreide koopuitstappies. Die uitmuntende Gary Player Gholfbaan (een van twee gholfbane), speel gasheer vir van die grootste wêreldtoernooie, wat selfs meer besoekers na die kasino bring.

Waar jy hulle kan vind

Hierdie kasino is geleë in die bosveld van die Noordwes Provinsie, slegs twee ure of 187km vanaf Johannesburg per kar, of ‘n twee-uur lange vlug vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe.

Webwerf: www.suninternational.com

Posadres: Posbus 2, Sun City, 0316, Noordwes Provinsie, SA

Telefoon: +27 14 557 1580 / Kasino +27 14 557 1000

Koördinate: S 25° 20' 54.9666" E 27° 5' 58.8012"

Epos: [email protected]

Speletjies beskikbaar

Hul speletjies is van die mees progressiewe in die wêreld met meer as 100 slotmasjiene, sowel as slotspeletjies met vasgestelde boerpotte. Vir dié wat tafelspeletjies verkies is daar oor die 30 dobbeltafels met Blackjack, Craps, Punto Banco, Midi-punto Banco en Amerikaanse Roulette.

Carnival City Kasino en Vermaaklikheidswêreld

Carnival City Kasino is a gewilde vermaaklikheids- en dobbelbestemming naby aan Johannesburg. Dit vorm deel van die Sun International Groep, en behalwe die dobbelfasiliteite bied hulle ook gereelde internasionale optredes, baie verskillende restaurant, winkels, nagklubs, luukse verblyf en ander aktiwiteite. Hierdie kasino gee ook terug aan die gemeenskap deur die Afrika OosRand Gemeenskapstrust projekte te ondersteun.

Waar jy hulle kan vind

Die kasino is geleë in Brakpan, in die Johannesburg area, naby aan OR Tambo Internasionale Lughawe en binne maklike bestuurafstand van baie Johannesburgse woonbuurte.

Webwerf: www.suninternational.com/carnival-city

Pos- en fisiese adres: Hoek van Century- en Elsburg strate, Brakpan, 1540, Gauteng, SA

Telefoon: +27 11 898 7000

Koördinate: S 26° 15' 36.2406" E 28° 18' 50.4"

Epos: [email protected]

Speletjies beskikbaar

Min kasinos kom by Carnival City met sy 1750 slotspeletjies en meer as 60 tafelspeletjies, insluitend Roulette, Baccarat, Craps, Blackjack en Poker. Daar is ook die eksklusiewe en private Carnival Privé, waar tafel- en slotspeletjies verhoogte weddenskapsperke het.

Boardwalk Kasino

Die Boardwalk Kasino is deel van die Sun International groep in die Oos-Kaap. Dit het ‘n Victoriaanse tema, verskeie restaurante en kroeë, en kindersorg fasiliteite. Hierdie is die enigste gelisensieërde kasino in die Nelson Mandela Baai-area, en word gereeld gebruik vir promosionele gebeure. Ontspanningsfasiliteite sluit in ‘n Africology Gesondheidsspa, amphiteater en gholfbaan, rolprentteaters, ‘n kegelbalbaan en nog vele ander verblyfopsies, wat dit die perfekte plek maak vir familie vakansies.

Waar jy hulle kan vind

Die Boardwalk Kasino is geleë in Somerstrand, Port Elizabeth, naby die Port Elizabeth Lughawe.

Webwerf: www.suninternational.com

Posadres: Private Sak 777, Humewood, 6013, SA

Fisiese adres: H/v Beach Straat & 2de Laan, Somerstrand, Port Elizabeth, 6019, Oos-Kaap

Telefoon: +27 41 507 7777

Koördinate: S 33° 59' 9.5346" E 25° 39' 29.2638"

Epos: [email protected]

Speletjies beskikbaar

Alhoewel hulle nie soveel speletjies aanbied as ander kasinos nie, het hulle wel 900 slotmasjiene en 24 tafelspeletjies, wat baie opsies bied vir besoekers. Speletjies sluit onder andere in Jackpot Slotmasjiene, progressiewe speletjies, Roulette, Blackjack en Poker. Hulle bied ook die Charter Club Salon Privé vir hoë rollers.

GrandWest Kasino and Vermaaklikheidswêreld

GrandWest Kasino is die grootste kasino en vermaaklikheidsdestinasie in Suid Afrika. Behalwe die kasino is daar ook verskeie restaurante, kroeë, ‘n teater, rolprenthuise, nagklubs, kegelbalbane en ‘n ysskaatsbaan vir klompe pret vir die hele gesin, sowel as twee hotelle vir verblyf. Die karakter van die geboue is in ‘n tipiese Kaapse styl wat herskep is uit ou, verlore historiese geboue. Alhoewel die binnekant sterk herrinner aan ‘Tavern of the Seas’, is die kasino self ‘n glansryke kombinasie van ‘Wild West meets Africa’.

Waar jy hulle kan vind

GrandWest Kasino is naby die hart van Kaapstad geleë, net by die N2 snelweg af.

Webwerf: www.suninternational.com

Pos- en fisiese adres: 1 Vanguard Rylaan, Townsend Estate, Kaapstad, 7460, SA

Telefoon: +27 41 505 7777

Koördinate: S 33° 59' 9.5346" E 25° 39' 29.2638"

Epos: [email protected]

Speletjies beskikbaar

Die kasino het meer as 2500 slotmasjiene en 68 tafelspeletjies, insluitende Amerikaanse Roulette,

Blackjack, verskeie Pokerspeletjies, Punto Banco, Midi-punto Banco en GranDice. Daar is ook ‘n Salon Privé en die Poker Pit vir spelers wat hou van hoë weddenskappe plaas.

Montecasino

Montecasino is Gauteng se hoof vermaaklikheidsdestinasie met ‘n vyf-ster InterKontinentale Palazzo Hotel. Dit het al verskeie toekennings gekry soos Beste Kasino, Beste Vermaaklikheidskompleks, Beste Rolprentteaterkompleks en Beste Plek om buite-stedelike besoekers te neem. Daar is ‘n klomp restaurante en aanttrekkings vir alle ouderdomme, en vele internasionale optredes is reeds in hierdie asemrowende teater gehou. Montecasino se welwillendheidsprojekte help die plaaslike gemeenskappe en die personeel is trots op hulle kultuur van ‘gee en maak ‘n verskil’.

Waar jy hulle kan vind

Montecasino is in Fourways, ‘n buurt in Sandton, naby die OR Tambo Internasionale Lughawe.

Webwerf: www.montecasino.co.za

Posadres: Private Sak X118, Bryanston 2021, SA

Fisiese adres: Montecasino Rylaan, H/v William Nicol en Witkoppen strate, Fourways, Sandton, Gauteng, SA

Telefoon: +27 11 510 7000

Koördinate: 26°1'30.00'' S | 28°0'38.00'' E

Epos: [email protected]

Speletjies beskikbaar

Die kasino het 1700 slotmasjiene met 87 progressiewe speletjies en 70 tafelspeletjies, insluitende

Amerikaanse Roulette, Blackjack, Baccarat, Poker en Craps. Daar is ook ‘n Wheel of Fortune, sowel as progressiewe boerpotslotmasjiene.

Top